Losprys-eise teen Namibiese maatskappye meer algemeen

Kuberaanvalle en die opeis van lospryse om data terug te kry raak al hoe meer algemeen. In die eerste kwartaal van 2024 was daar ‘n hoër voorkoms van Lockbit 3.0 losprysware, ook bekend as Lockbit Black. Losprys-eise was die primêre tipe kuberaanval teen Namibiese maatskappye. Die kuberkraker-groep Hive en Blackcat sit agter die meeste van hierdie aanvalle. Die aanvalle hou ‘n wesenlike bedreiging in. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch, ‘n bemagtigingspesialis by Salt IT, gesels.