WGO in Afghanistan sê hulp dringend nodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Afghanistan sê namate die land se behoeftes aan noodleniging toeneem, so vinnig neem die vermoë af om op daarop te reageer. Die organisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds doen ‘n oproep vir onmiddellike en onbelemmerde toegang tot medisyne en ander lewensnoodsaaklike voorrade aan miljoene Afghane wat hulp benodig. Die organisasie sê geen kommersiële vliegtuie mag tans in Kaboel land nie en daar is geen manier om voorraad in Afghanistan en aan die inwoners te besorg nie.