Inenting sal ekonomiese herstel dryf

Ekonome en besigheidsleiers regoor die streek meen dat inentings die enigste werklike oplossing is vir ekonomiese groei. Plaaslik het die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab gesê inentings behoort deel te vorm van die land se ekonomiese herstelplan. In die buurland het die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sgeê ‘n suksesvolle Covid-19-inentingsprogram is van kardinale belang om die land se ekonomie te herbou. Volgens ‘n opname deur die Universiteit van Johannesburg het die algehele inentingsaanvaardingskoers van 67 persent in Desember verlede jaar tot 72-persent verlede maand gestyg. Mavuso sê dit is duidelik dat mense wat ingeënt is, se kans skraler is om die virus op te doen, om dit te versprei en om ernstig siek te word indien hulle dit wel opdoen. Sy voeg by dít is baie belangrik om die ekonomie op alle gebiede te herbou.