WGO, Gates-stigting werk aan inentings vir kinders

Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Bill en Melinda Gates-stigting het ‘n nuwe projek aangekondig om die agterstand te verminder in roetine inentings vir kinders, wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is. Volgens die WGO het 25 miljoen kinders onder die ouderdom van ‘n jaar nie in 2021 basiese entstowwe ontvang nie weens ontwrigtings wat deur die pandemie veroorsaak is. Die direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê die nuwe projek sal daarop fokus om inentingsyfers in 20 lande te herstel. Hy sê geen kind behoort aan ‘n entstof-voorkombare siekte te sterf nie.