Draadstrikke raak al hoe meer algemeen in Namibië

Landwyd is wildstropery ‘n groot uitdaging in Namibië. Diegene wat in die veld werk meld ‘n toename in die gebruik van draadstrikke in. Volgens die Caprivi Karnivoor-navorsingsprojek is tot vyf jaar gelede selde diere in strikke gesien, maar nou word ten minste een karnivoor op veldkameras weekliks oor ses terreine in noordoos-Namibië vasgevang. In die Zambezi-streek is die wildbevolkings afkomstig van vier lande, so dit is moeilik om te weet waar die strikke vandaan, maar waarskynlik van al vier. Mark Paxton van Shamvura Camp naby Rundu gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die toenemende probleem.