Bakhmut is simbolies vir Putin, sê militêre kenner

Die afgetrede Britse generaal-majoor Rupert Jones sê Bakhmut, waar gevegte tussen Russiese en Oekraïnse magte reeds maande woed, het geen strategiese belang nie. In sy mening is die stad belangrik vir President Vladimir Putin omdat hy ‘n oorwinning nodig het. Jones voeg by die Russe het groot verliese aangeteken.