WGO: Aappokke is nog nie verby

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het herhaal dat die wêreld daarteen moet waak om te oorgerus te wees oor aappokke. Die direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, het op ‘n nuuskonferensie gesê die aappokke-uitbreking is nog nie verby nie. Hy sê 70 000 gevalle is tot dusver by die organisasie aangemeld. Ghebreyesus het bygevoeg dat aangemelde gevalle egter steeds afneem.