Mnr. Gay Namibië gaan nie aan Mnr. Gay Wêreld deelneem

Die pas gekroonde Mnr. Gay Namibië Daniel Lazarus, gaan nie aan die Mnr. Gay Wêreld-kompetisie deelneem wat Saterdag in Kaapstad plaasvind nie. Die stigter en organiseerder van Mnr. Gay Namibia, Wendelinus Hamutenya, sê voorbereiding vir ‘n geleentheid van hierdie aard is van kardinale belang, en hulle het eenvoudig nie die tyd of geld nie. Lazarus beaam aan Kosmos 94.1 Nuus daar is nie genoeg tyd vir hom om voor te berei nie.