Stad Kaapstad bespreek kragonderbrekings met Eskom 

Stad Kaapstad sal vandag met Eskom in gesprek tree oor die herhalende kragonderbrekings wat dele van Macassar en die omgewing raak. Eskom voorsien die betrokke gebiede van krag. Die burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê die vergadering het ten doel om moontlike langtermyn-oplossings en ingrypings te ondersoek om aandag te gee aan dringende gemeenskapskwessies.