Wetteloosheid is Sitole se skuld

Die Onafhanklike Polisiëringsvakbond van Suid-Afrika blameer die voormalige polisiekommissaris Khehla Sitole vir die wetteloosheid in die land. Volgens die Ipusa-vakbond is ondenkbare skade aan die polisiebestuur tydens Sitole se ampstermyn aangerig. Die hoofsekretaris, Mpho Kwinika, sê die voormalige polisiekommissaris het misluk om swak werksomstandighede te verbeter: