Brent klim weer op vrese oor Saoedi-produksie

Brent ru-olie het Vrydag met 2,5 persent gestyg op vrese dat Saoedi-Arabië nie in staat is om sy olieproduksie te verhoog nie, en ook dat Opul en sy vennote dit nie sal kan vermag nie. Die nuus kom tydens die Amerikaanse President Joe Biden se besoek aan die Midde-Ooste met die hoop dat olieproduksie wel verhoog kan word. Olie het op net onder 101 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit. Die kommoditeit het in die afgelope 30 dae met 16,2 persent gedaal. Opul vergader eers weer op 3 Augustus en ontleders meen dan sal ‘n bepaling oor produksievlakke eers gemaak kan word. Die rand het op net meer as 17 teen die Amerikaanse geldeenheid afgesluit en dus, is enige winste in die olieprys vir plaaslike verbruikers in die weegskaal.