Brittanje se warmste dag kom volgende week…

Die moontlikheid dat Brittanje volgende week sy warmste dag ooit sal beleef, het tot 80 persent vermeerder, toe die land se weerkantoor die heel eerste keer ‘n nasionale rooi nood-waarskuwing vir Engeland uitgereik het. Daar is ‘n baie goeie kans dat temperature bo die rekord van 38,7 grade Celcius sal styg, wat in Julie 2019 by die Cambridge Universiteit se Botaniese Tuin gemeet is. Temperature van 40 grade word selfs voorspel. Daar word berig die land se Agentskap vir Gesondheidsveiligheid het die hitte-waarskuwing tot vlak vier verhoog, wat neerkom op ‘n nasionale noodtoestand. Talle lande in Europa ervaar op die oomblik erge hitte en veldbrande kom ook voor.