Oopsie, vyf leeus ontsnap tydens oorslaap-geleentheid by dieretuin

‘n Groot oopsie het by die Taronga-dieretuin in Sydney, Australië plaasgevind. Die dieretuin het ‘n Roar and Snore-program waar besoekers in tente in die dieretuin kan oornag, en dit is toe wat vier leeuwelpies saam met een volwassene uit hul kamp ontsnap het. Magnus Perry was ‘n besoeker.

Alles het goed geëindig en vier van die leeus self teruggekeer met een wat verdoof is. Simon Duffy, die direkteur by die dieretuin het met die media gepraat.