Wes-Kaapse spanne tel duisende dooie voëls op

Wes-Kaapse owerhede reageer steeds op ‘n voëlgriep-uitbreking onder wilde seevoëls aan die Weskus en ook in die Overberg. ‘n Woordvoerder van die departement van omgewingsake, James-Brent Styan, sê spanne tel steeds dooie voëls op in gebiede waar besmettings aangemeld is. Hy sê by Dyer-eiland het opruimingspanne gister 1 595 voëls opgetel, maar die situasie in die Bergrivier-munisipaliteit is besig om te verbeter.