Omgewingsministerie: 2,4 miljoen hektaar in Namibiese veldbrande verwoes

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het vandag bekend gemaak dat 2,4 miljoen hektaar in die land sedert Julie in veldbrande verwoes is. Vandag is veldbrande weer suid van Windhoek en tussen Otjiwarongo en Kalkfeld aangemeld. Muyunda sê die Oshikoto-streek is die ergste getref met 522 077 hektaar wat afgebrand het, gevolg deur die Otjozondjupa-streek met 369 739 wat afgebrand het.