Man in Vrystaatse hof oor onwettige vuurwapens

Jacobus Notnagel wat in besit van beweerde onwettige vuurwapens betrap is, het in die Kroonstad-distrikshof in die Vrystaat verskyn. Die 48-jarige Notnagel is in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 200 aangepaste vuurwapen-lope en stelle staalstempels by sy winkel gekry het. Die polisiewoordvoerder, Christopher Singo, sê hulle het ook ‘n haelgeweer gevind wat in ‘n Norwood-saak as gesteel aangemeld is