Stad Kaapstad beleef goeie toerismeseisoen

Die Stad Kaapstad se  burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê voorlopige syfers dui op ‘n goeie toerismeseisoen in die metro met tot 30 000 passasiers wat elke dag by die Kaapstad Internasionale Lughawe verwerk word. Die stad het ‘n sakvriendelike gids bekend gestel, wat ‘n nuttige hulpmiddel vir plaaslike inwoners en toeriste is wat die Moederstad wil verken, ongeag hul begroting. Dit het ten doel om toerisme meer toeganklik te maak, terwyl dit ook ʼn omvattende blik bied op alles wat ondernemings in die bedryf bied.