Wes-Kaapse premier vra beëindiging van Transnet-staking 

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het gevra dat die Transnet-staking beëindig moet word. Die werkers het die jongste verhogingsaanbod van tussen vier en vyf persent verwerp. Volgens Winde hou die staking ‘n risiko in vir die provinsie se landbousektor, wat uiters uitvoer-gedrewe is. Hy sê die ekonomie kan nie hierdie soort ontwrigtings bekostig nie, want dit sal onvermydelik deursyfer na die individuele verbruiker.