“Hand van God”-sokkerbal opgeveil

Sokker: Die sogenaamde “Hand van God”-bal sal na verwagting vir meer as 50 miljoen Namibiese dollar verkoop word wanneer dit volgende maand opgeveil word. Die ontslape Argentynse superster, Diego Maradona, het in 1986 se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Engeland in Mexiko daarmee ‘n doel aangeteken. Die Tunisiese skeidsregter, Ali Bin Nasser, het die doel toegestaan al het dit gelyk asof hy die bal met sy hand geraak het. Maradona het later verduidelik die bal het in die net beland te danke aan die “Hand van God”. Bin Nasser gaan die beroemde bal op 16 November op ‘n veiling verkoop.