PDM-leier: Regering versuim om behuisingsprobleem te takel

Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, sê in ‘n mediaverklaring die regering versuim om die behuisingsprobleem in die land aan te spreek. Alhoewel spesifieke behuisings-uitdagings van land tot land kan verskil, is die algehele gebrek aan behuising ‘n wêreldwye probleem en aanduidings is dat dit meer en meer mense raak. Venaani se amptelike woordvoerder, Roberto Dirkse, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.