Wes-Kaapse premier nie bewus van regsuitdagings oor kinder-inentings

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy is nie bewus van enige regsuitdagings wat in die provinsie begin is teen die inenting van tieners sonder hul ouers se toestemming nie. Dit, nadat die groep, Free the Children – Save the Nation, in ‘n verklaring gesê het dat hulle ‘n brief aan die nasionale gesondheidsdepartement geskryf het om te eis dat die in-enting van kinders van 12 tot 17 onmiddellik gestaak moet word. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …