Korporatiewe maatskappy ondersteun Namibiese inentingsveldtog

Die Namibiese inligtingsministerie het vandag die landwye Get Vaccinated and Kick Covid 19 Out of Namibia-veldtog van stapel gestuur. Verskeie Namibiese kunstenaars gaan die land deurkruis en tydens hul optredes Namibiërs aanmoedig om ingeënt te word. Verskeie maatskappye ondersteun ook die veldtog. FNB Namibia se Revonia Kahivere, korporatiewe maatskaplike beleggingsbestuurder, sê 522 000 Namibiese dollar word tot die veldtog deur verskeie maatskappye bygedra.