Rhodes Universiteit ten gunste van verpligte inentings

Die raad van die Rhodes Universiteit in die Oos-Kaap het ten gunste van ‘n aanbeveling van sy senaat gestem dat Covid-19-inentings verpligtend moet wees. Die nuwe reël sal in die volgende akademiese jaar in fisiese klasse van toepassing wees. Volgens berigte sal die universiteit bewys van inenting teen die virus vereis soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte. Die raad sê in ‘n verklaring die instelling het ‘n verantwoordelikheid om studente en werknemers te beskerm. Die Universiteit van Kaapstad het gister ‘n soortgelyke reël ingestel.