Tennis: Spelers van Rusland wil by Wimbledon speel

Tennis: Die wêreld nommer vyf, Aryna Sabalenka, sê daar is niks bereik nie met Wimbledon se verbod verlede jaar op spelers van Rusland en Wit-Rusland. Sy sê sy vertrou regtig die toernooi sal in 2023 ʼn ander koers inslaan. Na Rusland se inval in Oekraïne was die Britse Grasbaan-tennisverenging onder druk van die regering om ʼn verbod aan te kondig. Spelers van Rusland en Wit-Rusland, insluitende Sabalenka, is uiteindelik verhinder om op Wimbledon te speel. Volgens Sabalenka is die spelers nie by magte om die oorlog stop te sit nie, wat bewys word deur die feit dat dit steeds voortwoed.