Wes-Kaapse polisie verskerp stryd teen geslagsgeweld

Die Wes-Kaapse polisie het die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord verskerp met die heropening van die slagoffer-vriendelike vertrek by die Laingsburg-polisiekantoor. Dit is moontlik gemaak deur ʼn vennootskap met Besigheid Teen Misdaad en die vertrek is ten volle opgeknap. Die woordvoerder van die polisie, Christopher Spies, sê die waarnemende distrikskommissaris, Johan du Toit, het ʼn beroep op nie-regeringsorganisasies en die gemeenskap gedoen om met die polisie hande te vat in die stryd teen misdaad, veral teen geslagsgeweld en vrouemoord.