Oponona-meer in Noorde het nog steeds nie water

Die noordelike gebiede van Namibië het sedert die begin van verlede week redelik goeie reënval gekry, wat die waterskaarste vir die vee verlig en saaiboere in staat stel om hul lande te begin ploeg. Die landskap in die Noorde het verander na watervlaktes vol reënwater. In die feestyd was daar ‘n gebrek aan drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya en boere het gesmeek dat water vanaf die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp moet word.  Kosmos 94.1 Nuus het aan ‘n kleinskaalse boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, gevra of daar nou water in die Opononameer of die gronddamme is.

Hy sê dat dit ’n kommerwekkende situasie vir die boere is. Nandjato hoop dat Angola reën kry om die meer in die Cuvelai-opvangsgebied met water te vul.