Brittanje produseer rekord-hoeveelheid windkrag

Brittanje het verlede jaar ‘n rekord-hoeveelheid windkrag geproduseer. Die land se Nasionale Kragrooster sê ook meer krag kom nou van hernubare en kern-kragbronne as van fossiel-brandstowwe soos gas en steenkool. Verlede jaar se syfer was die tweede hoogste ná 2020. Brittanje meen die vervanging van fossielbrandstowwe deur groen-krag is ‘n kern-oplossing vir die wêreld om die uitwerking van klimaatsverandering te bekamp. Wetenskaplikes, regerings en die Verenigde Nasies meen die oorskakeling na hernubare krag is van uiterste belang, omdat die nagevolge van aardverwarming reeds duidelik waarneembaar is.