Christine en Beatrice wil virtuele resies teen Netman hardloop

Die twee Namibiese top-atlete, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, voel geëerd dat Namibiërs grappenderwys eis dat MTC sy Netman-gelukbringer met een van die twee vervang. Hul afrigter, Henk Botha, het uit Italië gesê die twee atlete sal graag ‘n virtuele resies teen Netman wil hardloop. Mboma en Masilingi neem weer volgende week aan internasionale atletiekbyeenkomste in Europa in onderskeidelik Pole en Switserland deel. Botha gesels uit Italië met Kosmos 94.1 Nuus.