Wes-Kaapse onderwysdepartement vorder goed met inentings
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê hy vorder goed om sy teiken om 55 200 onderwysers teen Covid-19 in te ent oor die volgende paar dae te bereik. Die departement sê dit het reeds tot op datum meer as 61 persent van sy geallokeerde entstofdosisse toegedien met naastenby 34 000 opvoeders en ander skoolpersoneel wat reeds hul inentings ontvang het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.