Baanbreker-chirurg nuwe US dekaan van geneeskunde

Die baanbreker-chirurg wat die eerste MIV-positief na positief nieroorplantings ter wêreld uitgevoer het, Elmi Muller, is aangestel as die nuwe dekaan van die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Muller vervang vir Jimmy Volmink, nadat sy tweede termyn tot ‘n einde gekom het. Muller is bekend as ‘n oorplantingschirurg wat die nasionale en internasionale beleid verander het deur haar werk aan MIV-positiewe pasiënte en die handel in organe. Haar kliniese werk en daaropvolgende navorsing was ‘n uitdaging vir die aannames wat gemaak is oor MIV-positiewe skenkers se geskiktheid vir oorplanting.