Wes-Kaapse onderwysdepartement stel teen-sosiale media-afknou-veldtog bekend

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het ‘n teen-sosiale media-afknou-veldtog genaamd #StopTheShare bekendgestel. Die LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, sê die opvoedkundige bewusmakingsveldtog se doelwit is om skadelike plasings te verwyder of die skadelike inhoud aan te meld. Schäfer sê die veldtog is begin ter herinnering aan ‘n leerder van Limpopo, Lufuno Mavhunga, wat haar eie lewe geneem het kort nadat ‘n video van haar wat afgeknou word soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het.