Numsa kla polisie aan ná een van sy beamptes in betoging geskiet is

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het ‘n strafregtelike saak by die polisie in Pinetown in KwaZulu-Natal aanhangig gemaak nadat een van sy beamptes tydens ‘n betoging geskiet is. Numsa beweer Immanuel Mnyandu is op kort afstand geskiet deur ‘n wag wat in diens is van Jasco Electrical Manufacturers. Die woordvoerder van die vakbond, Phakamile Hlubi-Majola, sê Mnyandu is steeds in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal.