Wes-Kaapse onderwysdepartement bestee R800 miljoen aan spesiale behoefte skole

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het volgens berigte byna 800 miljoen rand bestee aan die befondsing van spesiale behoefte-skole met amper 20 000 leerders. Deidré Baartman van die DA het dit in antwoord op ‘n vraag in die wetgewer onthul en die departement het ook bevestig die nasionale regering maak nie voorsiening vir die befondsing nie. Baartman sê leerders met besondere leer-uitdagings ontvang ‘n toekenning in verhouding tot die tipe gestremdheid wat hulle het.