FlySafair ondersoek tegniese fout van vliegtuig

FlySafair ondersoek ‘n tegniese fout nadat een van sy vliegtuie in die Oos-Kaap van roete moes verander. ‘n Woordvoerder van die lugredery, Kirby Gordon, sê Vlug FA 143 het by die King Phalo-lughawe in Oos-London opgestyg onderweg na Kaapstad. Dit is herlei na die Hoofman Dawid Stuurman Internasionale Lughawe in Gqeberha. Gordon sê die kaptein het ‘n aanduidingsfout opgemerk op ‘n klein onderdeel op die vlerk en besluit om eerder in Gqeberha te land.