Wes-Kaapse matrieks oorkom Covid-hindernisse

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê in ‘n boodskap van bemoediging aan matriekleerders hy is trots op elke matrikulant in die provinsie wat tydens die pandemie verskeie hindernisse oorkom het. Hy sê hoewel dit ‘n stresvolle tyd vir baie matrikulante is, is dit ook ‘n opwindende tyd en die geleentheid om hul hoërskoolloopbaan suksesvol af te sluit. Winde het leerders wat aan angs en spanning ly, aangemoedig om hulp te kry.