Enigste Moslem-speler in Indiese span gekritiseer

Die enigste Moslem-speler in Indië se span het deurgeloop nadat die span gister in die T20-wêreldbeker deur Pakistan verslaan is. Mohammad Shami is kwaai gekritiseer op sosiale media terwyl geweld teen Moslems ook in Indië aangemeld is. Dit was Pakistan se heel eerste oorwinning ooit oor sy krieket-aartsvyande in enige Wêreldbeker-toernooi. Volgens Times of India het Shami honderde Instagram-boodskappe ontvang waarin hy ‘n verraaier genoem is. Hy het egter ook tientalle boodskappe van ondersteuning ontvang.