32% moet 31 kilometer stap vir drinkwater

Berigte uit die Kavango Wes-streek lui dat talle inwoners van die streek ongeveer 31 kilometer moet loop om drinkwater te bekom. Die goewerneur van die streek Sirkka Ausiku sê dit is die lot van 32 persent van die streek se inwoners. Volgens haar het die streek 405 nedersettings waarvan 134 geen toegang tot water het nie. Die meerderheid is in die Mpungu kiesafdeling met 58 nedersettings wat geen water het nie. Plaaslike media berig gereeld oor die langafstande wat inwoners moet loop om water te bekom en in baie gevalle word groepe vroue deur misdadigers geteiken wanneer hulle by waterpunte bymekaar kom.