Wes-Kaapse DA-lede ruk op oor beurtkrag

Honderde Wes-Kaapse DA-lede en ondersteuners gelei deur die premier, Alan Winde, het aangesluit by die optog na die ANC se provinsiale hoofkantoor. Die betogers ruk op teen beurtkrag, kader indiensneming, die ekonomiese krisis en misdaad. Winde sê beurtkrag kos die Suid-Afrikaanse ekonomie meer as vier-miljard Suid-afrikaanse rand per dag. Hy sê die kragtariefverhoging van 18,65 persent wat vir April beplan word, is onaanvaarbaar.