Koue in Afghanistan eis 157 mense en 70 000 vee

Minstens 157 mense is dood weens yskoue weerstoestande in Afghanistan, met die dodetal wat in minder as ‘n week verdubbel het, sê die Taliban. Die land ervaar een van sy koudste winters in jare. Die kwik het vroeg in Januarie tot minus 28 grade Celsius gedaal, terwyl daar min humanitêre hulp is. Dit is baie laer as die landwye gemiddelde temperatuur van hierdie tyd van die jaar van tussen nul en vyf grade Celsius. Sowat 70 000 stuks vee het ook gevrek in die koudste winter in ‘n dekade.