Namibiër en Zambiër in hof oor renosterstropery

Die twee verdagtes wat ‘n renosterbul in die ooste van die land gestroop het, het vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Die Namibiër Oustenzen Matengu en Zambiese burger, Mubu Kompoma, bly in aanhouding. Hul saak is tot 28 Maart uitgestel. Die derde verdagte is deur ‘n lid van die teenstropings-eenheid van Namibia Wildlife Protection doodgeskiet en sy nasionaliteit word nog volgens die Namibiese polisie vasgestel. Volgens die omgewingsministerie is dit die eerste renoster wat vanjaar in die land gestroop is.