Wes-Kaapse brandbestryders veg teen brand 

Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê 73 brandbestryders is ontplooi om ‘n brand in die berge bokant Waverly Hills tussen Ceres en Wolseley te blus. Die woordvoerder vir die brandweerdienste, Jo-Anne Otto, sê die brandweerspanne, saam met grondspanne van NCC, CapeNature en Henley Air het voor sononder Dinsdagaand daarin geslaag om die brand van strukture en gewasse weg te dryf en sodoende verlies aan eiendom en lewens te voorkom.