Hoop vervaag oor Viëtnamese seuntjie in betonpilaar 

Hoop vervaag in Viëtnam dat ‘n tienjarige seun sal oorleef, nadat hy op Oujaarsaand in ‘n betonpilaar ingeval het. Hy het blykbaar skrootmetaal gesoek toe hy in die pilaar van 35 meter diep en 25 sentimeter breed op ‘n brug-bouperseel in die Mekong-delta beland het. Reddingswerkers het suurstof in die pilaar ingepomp om Ly Hao Nam se lewe te probeer red, maar hy het sedert Maandag nog nie gereageer nie. Sowat 100 soldate en meganiese toerusting is ontplooi vir die reddingsoperasie.