Wes-Kaap staan Eskom se tariefverhoging teen

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het inwoners verseker die provinsiale regering sal alles in sy vermoë doen om Eskom se voorstel vir ‘n tarief-verhoging van 32 persent teen te staan. Die premier moedig die Nasionale Energie-reguleerder van Suid-Afrika aan om aan die miljoene burgers te dink wat reeds sukkel om by te hou met die pas waarteen inflasie en lewenskoste styg. Winde doen ‘n beroep op die kragvoorsiener om bestendigheid in sy finansiële behoeftes te bewerkstelllig, sonder om landsburgers verder te belas.