Nog twee verdagtes vas oor Oslo-skietvoorval

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n skietvoorval tydens die jaarlikse LGBT “Pride”-fees in Oslo. Die Noorweegse polisie het bevestig nog twee verdagtes is gearresteer op aanklagte van medepligtigheid aan ’n daad van terrorisme. Twee mense is dood en meer as 20 is beseer tydens die skietvoorval op 25 Junie. Altesaam vier verdagtes is nou in hegtenis geneem, insluitend die vermeende skieter, ‘n 43-jarige Noorweegse burger van Iranse oorsprong. Die twee jongste verdagtes, ‘n man in sy 40’s met Somaliese burgerskap en ‘n Noorweegse burger in sy 30’s, is gearresteer en was aan die owerhede bekend. Die Oslo-polisie het ook aangekondig dat hulle ’n internasionale bevel vir inhegtenisneming uitgereik het vir ’n 45-jarige verdagte wat hulle glo in Pakistan is.