Gordhan: Eskom-direksie gaan binnekort herstruktureer word

Suid-Afrikaanse energie-kenners sê dis tyd dat bekwame en gekwalifiseerde mense in die Eskom-raad aangestel moet word om die krag-voorsiener van ondergang te red. Dit, nadat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, vroeër vandag bevestig het dat die Eskom-direksie binnekort herstruktureer gaan word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer inligting.