Huldeblyke stroom in vir ontslape Namibiese akteur

Huldeblyke stroom steeds in vir die Namibiese veteraan-akteur, dramaturg en regisseur David Ndjavera. Ndjavera het vanoggend in die hoofstad gesterf, vier dae na die dood van sy vrou, Helena Ndjavera. Die talentvolle akteur wat deur talle as die John Khani of Denzel Washington van Namibië genoem is, word deur sanger, liedjieskrywer en aktrise Lize Ehlers onthou wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.