Wes-Kaap vorder goed met fase 2-inentingsveldtog

Meer as 34 000 mense is as deel van die Wes-Kaap se fase 2-inentingsveldtog by ouetehuise in die provinsie ingeënt. Dit sluit inwoners en ondersteuningspersoneel in. Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê senior burgers kry steeds voorkeur, omdat die kans groot is dat hulle in die hospitaal beland sou hulle die virus opdoen. Die totale getal inwoners van ouetehuise wat van die koronavirus herstel het, staan tans op 2 813.