Covid: 52 sterfgevalle in Namibië

Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 52 sterfgevalle en 1 286 nuwe Covid-gevalle uit 3 546 toetsresultate bevestig. Daar is nou 22 783 aktiewe gevalle met 559 pasiënte in hospitale, waarvan 106 in intensiewe sorgeenhede is. Die uitvoerende hoof van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gee die jongste statistieke aan Kosmos 94.1 Nuus

Namgombe sê in die groep van nuwe positiewe Covid-gevalle is 235 leerders, 39 onderwysers, 30 gesondheidswerkers, 11 gevangenes, 48 werkers in die visbedryf en een student.