Staatskapingskommissie sê Zuma lyk gesond

Die staatkapingskommissie sê oudpresident Jacob Zuma lyk gesond. Die kommissie sê in dokumente wat by die Konstitusionele Hof se ondersoek-sekretaris, Itumeleng Mosala, ingehandig is, Zuma het geen bewyse gelewer wat geloofwaardigheid gee aan sy bewerings van swak gesondheid nie. Zuma sê sy gesondheid is wisselvallig en dit sal ‘n doodsvonnis wees as hy tronk toe gaan. Die hof het hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof nadat hy herhaaldelik geweier het om voor die kommissie te verskyn. Zuma wil hê die Konstitusionele Hof moet sy besluit tersyde stel.