Wes-Kaap verwelkom geskiedkundige groen ooreenkoms

Die Wes-Kaapse regering het die vennootskap verwelkom tussen Sasol en ArcelorMittal South Africa om ‘n groen waterstof-spilpunt in Saldanhabaai aan die Weskus te vestig. Die spilpunt sal volhoubare brandstowwe en chemikalieë produseer, asook groen staal. Premier Alan Winde sê die ondertekening van die ooreenkoms van verstandhoudings tussen twee reuse in die bedryf bring opwindende vermoëns en handelsgeleenthede na die provinsie.